Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Healing School - 6 - Ps Henri Wilson

Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Hoe om genesing te bedien

  1. Kyk die sieke in die oë en laat die sieke in u oë kyk terwyl u bedien

HANDELINGE 3:4‭-‬5 AFR53

En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.

  1. Moenie hardhandig of op onbetaamlike plekke u hande lê nie

MARKUS 16:18 AFR53 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

  1. Lê u hande op sieke en verklaar genesing in Jesus Naam. Wees spesifiek!

MARKUS 8:22‭-‬25 AFR53 EN Hy het in Betsáida gekom, en hulle het ‘n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak. Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien. En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop. Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.

  1. Visualiseer die genesing. Beskryf die genesing deur n geloofsverklaring

  2. Bedien met innige meegevoel

MARKUS 1:41 AFR53 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!

  1. Salf die sieke met olie

JAKOBUS 5:14 AFR53 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

MARKUS 6:13 AFR53 En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

July 21, 2019