Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Die Pleister-Bediening - Ps Hermann Strydom

Ps Hermann Strydom Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

MULTIMEDIA SONDAG 11 Aug 2019 om 09:00 LW: Ek gebruik die ’53 vertaling en haal soms net gedeeltes van ’n teks aan! Ek begin bv. nie ’n teks met ’n koppelwoord nie.Baie dankie, ek waardeer!
Oom Hermann

Tema: Die Pleisterbediening

Kol. 2:15 (Praat van Jesus se oorwinning aan die kruis) nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

Definisie van die eie ek: Die eie ek is ’n veeleisende persoon wat die beste en hoogste sitplek vir homself eis. Vandaar stel hy dan die hoogste eise aan almal om hom en voel diep gewond as sy eise nie erken word nie. Hy kry 1) seer wanneer hy nie erkenning kry nie en 2) hy word kwaad wanneer iemand hom durf teëgaan.

1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag.

Die mate van seerkry of kwaadword wat ons in onsself toelaat wanneer iets ons eie ego raak, is ’n indikasie van hoeveel van die Adamiese natuur daar nog in ons leef.

Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my…..

Fil. 2:8 In gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

Jou nederigheid sal getoets word wanneer iemand met jou met sy skerp tong begin sny.

Jes. 53:7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Kom ons leef selfvernederend en Christusverdedigend.

Beskou elke vernedering en elke mens wat jou probeer seermaak, as ’n snoeiskêr wat God in jou lewe toelaat om jou vir beter vrug voor te berei.

Goeie praktiese wenke: 1) Bestraf die versoeking om seer te kry of om kwaad te word wanneer dit jou eie ego raak deur te sê: “Jou gees van seerkry / kwaad word /hoogmoed, ek bestraf jou in die Naam van Jesus en weier jou die troonkamer van my hart!” 2) Weet verseker, ons gaan nog struikel. Moenie daardeur ontmoedig word nie; bely dit so gou moontlik, sonder om die ander party op sy foute te wys sodat jy darem ’n bietjie beter kan lyk 3) Emosie is nie ’n sonde nie; kry dit egter onder beheer voordat dit jou beheer.

August 11, 2019