Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Die vrees van die Here - Theresa Wilson

Theresa Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Spreuke 1:7 7 DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

Eks 20:20 20Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.

Ps130:1-7 1’n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here, 2luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. 3As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? 4Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. 5Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. 6Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. 7Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.

Ps 25:14 14Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend.

Ps 31:20-25 20Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil. 21Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense. U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig. 22Aan die Here kom die lof toe, want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was. 23Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het. 24Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is, maar dié wat teen Hom opstandig is, straf Hy swaar. 25Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

Ps 34:8-10 8 Get. Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. 9 Tet. Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! 10 Jod. Vrees die Here, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

Spr 10:24 24 Waar die goddelose bang voor is — dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

Proverbs 10:24 (TPT) 24 The lawless are haunted by their fears and what they dread will come upon them,[a] but the longings of the lovers of God will all be fulfilled.

November 17, 2019