Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Aanhouer wen

Ps Christoff Smit Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Luk 18:1-8 1EN Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop dat ’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie, 2en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. 3En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. 4En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, 5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. 6Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. 7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? 8Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

Matt 24:13 13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Ps 37:23-2423 Mem. Deur die Here word die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg. 24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die Here ondersteun sy hand.

Wen word nie bepaal deur jou posisie nie.

Mense se opinies verander daagliks. God se plan vir ons nooit.

Hoe kan ek uithou en aanhou?

  1. Vat dit in gebed in, in jou binnekamer - Matt 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde

  2. Moet dit nie deel met mense wat dit nie sal waardeer nie - Matt 7: 6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

“Ek is n wenner. Ek sal uithou en aanhou. Ek sal doen wat ek kan doen en my beste gee. Selfs die wat teen my is, sal ingee. Selfs die wat nie in my glo nie sal beskaamd staan. Ek sal nie toelaat dat mislukkings en opinies my doelwit bepaal nie. As ek val sal ek gou weer opstaan want die Here is met my. As God vir my is, wie kan teen my wees?”

August 14, 2016