Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center
#Raak bewus van sy teenwoordigheid
#Doen alles vir Hom en saam met Hom
#Begin Hom raak sien in alles
#Glo dat Hy by jou is
II KRONIEKE 5:6-7, 11-14 AFR53
En toe koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom byeen was, voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. Verder het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in. En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan — want al die priesters wat aanwesig was, het hulle geheilig sonder om die afdelings in aanmerking te neem — terwyl die Levitiese sangers almal saam, Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd-en-twintig priesters wat op die trompette blaas; en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die Here te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die Here , want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! — is die huis, die huis van die Here , vervul met ’n wolk. En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van God vervul.
#Aanbidding -Aanbidding moet n leefstyl word -Aanbidding trek die teenwoordigheid van God -Aanbidding maak jou bewus vd teenwoordigheid van God -Aanbidding plaas die fokus op Jesus -Aanbidding verander die atmosfeer
February 28, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.