Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Def van Deurbraak: Webster :Merkwaardige oorwinning oor n struikelblok of probleem Om deur die struikelblok te breek Om deur die vyand sê verdedigingslyn te breek
#Ek verklaar in die Naam van Jesus….Ek breek deur enige demoniese weerstand met die hulp en krag van die Heilige Gees!
2 Sam.5.17-25.AFR53 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim. Toe het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die Here het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee. Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die Here het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem. Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei. Toe raadpleeg Dawid die Here , en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse. En as jy ’n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die Here voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan. En Dawid het gedoen net soos die Here hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.
Baal-Perasim:Die Here van die deurbrake Die Here het baie name in die bybel…die name openbaar sy karakter
Mich.2.13. Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die Here heeltemal vooraan.
*Dawid het die Here geraadpleeg…1.Trek op…..2 Moenie optrek -Niks gebeur sonder gebed nie -Ken Hom in al jou wee dan sal Hy jou paaie gelykmaak -Biddeloosheid is nie n swakheid nie dis sonde -Enige deurbraak word deur gebid…
*Dawid het gedoen net soos die Here hom beveel het -Gehoorsaamheid lei na deurbrake -Die Heilige Gees wil jou lei na jou deurbraak -Wees sensitief vir Sy stem en leiding -Wat sê Hy vir jou? -Doen net soos Hy jou beveel
July 18, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.