Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Bonatuurlike deurbrake - Deel 2

Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Def van deurbraak: Webster :Merkwaardige oorwinning oor n struikelblok of probleem Om deur die struikelblok te breek Om deur die vyand sê verdedigingslyn te breek

#Ek verklaar in die Naam van Jesus Christus….dat ek met die hulp en krag van die Heilige Gees deur enige demoniese weerstand sal breek en sal uitkom by dit wat my Hemelse Vader vir my instoor het!

1 Sam.1.1-28.AFR53

V10- En bitter bedroef het sy tot die Here gebid en bitterlik geween; en sy het ’n gelofte gedoen en gesê: Here van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ’n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die Here gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie. En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die Here en Eli op haar mond ag gee — want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie — het Eli gedink dat sy dronk was. En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos ’n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg. Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is ’n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die Here uitgestort. Hou tog nie u dienares vir ’n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek. En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het. Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders. Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die Here aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die Here het aan haar gedink. En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die Here gebid.

V27- Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het. So staan ek hom dan ook af aan die Here al die dae wat hy leef; hy is aan die Here afgestaan. En hy het die Here daar aanbid.

Pred.5.3-5. AFR53 As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?

-Jona- Jona.2.7-10.AFR53 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel. Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is. Ek daarenteen sal aan U offer met ’n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die Here . Daarop het die Here die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

-Jakob - Gen.28.20-22.AFR53 En Jakob het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die Here my God wees. En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ’n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.

July 25, 2016