Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
#Lofprysing en aanbidding
Hand 16v16-32 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.
Act 16:17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.
Act 16:18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan. Act 16:19 En toe haar eienaars sien dat die hoop van hulle wins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die mark voor die owerheid gesleep Act 16:20 en hulle voor die regters gebring en gesê: Hierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is,
Act 16:21 en hulle verkondig sedes wat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdat ons Romeine is.
Act 16:22 En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het hulle klere laat afskeur en bevel gegee om hulle met stokke te slaan. Act 16:23 En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak.
Act 16:24 Hy het toe, omdat hy so ‘n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak. Act 16:25 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. Act 16:26 En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
Act 16:27 En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy ‘n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.
Act 16:28 Maar Paulus het met ‘n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier. Act 16:29 En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.
Act 16:30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
Act 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Act 16:32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
#Lofprysing en aanbidding
-Lofprysing en aanbidding plaas die fokus op Jesus
-Lofprysing en aanbidding gee geen plek vir negatiwiteit en murmurering
-Lofprysing en aanbidding stel God se krag en teenwoordigheid vry
-Lofprysing en aanbidding affekteer God,die kind van God en die duiwel
-Lofprysing en aanbidding bring jou op n plek van selfvernedering
-Lofprysing en aanbidding lei na deurbrake
Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely. HEBREËRS 13:15 AFR53
Laat die Naam van die Here geprys word, van nou af tot in ewigheid! Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die Here geloof word! PSALMS 113:2-3 AFR53
August 28, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.