Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center
1 Co.12.1-11.AFR53 EN wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van die geeste, aan ’n ander allerhande tale, aan ’n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
A. Gawes van openbaring
Def-Bonatuurlike openbaring van God se plan,doel,wil en voornemens met mense,plekke,gemeentes,gemeenskappe,nasies ens Op toekoms gerig
Voorbeeld: Moses en tien gebooie Ex 20 Salomo en baba 1 Kon 3 Jesus en muntstuk Matt 22
2.n Woord van kennis
Def-Bonatuurlike openbaring van die alwetenheid van God tov n spesifieke situasie. Op teenwoordige en verlede-tyd gefokus
Voorbeeld Elisa was bewus van slaapkamergesprekke 2 Kon 5 Jesus en die vrou by die put Joh 4
3.Onderskeiding van geeste
Def-Gees word op bonatuurlike wyse geonderskei of geidentifiseer
Voorbeeld Natánael- Israeliet sonder bedrog Joh 1 Petrus-Gaan weg agter my satan Matt 16 Engele en demone wat gesien word
B. Gawes van kragte
4.Geloof
Def-Spesiale geloof wat vir n spesifieke doel deur die Heilige Gees gegee word
Voorbeeld Noag- Gen 6 Dawid en goliat-1 Sam 17 Daniel en die leeus Heb 11 Petrus loop op die water Matt 14
5.Genadegawes van gesondmaking
Def-Bonatuurlike of goddelike genesing deur die krag van die Heilige Gees Jesus is die groot Geneesheer Natuurlike en mediese genesing Mark 16 Jak 5 Matt 10
6.Werkinge van kragte
Def-Die krag van die Heilige Gees om wonders in die Naam van Jesus te doen(Miracles)
Voorbeeld Moses vs Farao- Ex 7 Elia bid vuur uit die hemel uit-1Kon 18 Jesus maak die storm stil-Mark 4 Opwekking van dooies Skeppende wonderwerke/nuwe organe Hand 19v11-En God het Buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen Mense is selfs genees en bevry deur sy sweetdoeke -Hand 19 Petrus sê skaduwee genees mense Hand 5
C.Gawes van inspirasie/spraak
7.Profesie
Def-Profesie is die vermoë om die gedagtes van God deur die inspirasie van die Heilige Gees in n verstaanbare taal te praat 1 Kor 14 -bemoedig,stig en troos -geloof word opgebou/waarskuwing/voorspelling
Moet beoordeel word-inlyn met die Woord
8.Allerhande tale
1 Co.14.2.AFR53 Want hy wat in ’n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.-
9.Uitleg van tale
1 Co.14.2-28.AFR53 HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied. En as iemand in ’n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.
“The reason the world is not seeing Jesus is that Christian people are not filled with Jesus. They are satisfied with attending meetings weekly, reading the Bible occasionally, and praying sometimes. … It is an awful thing for me to see people who profess to be Christians lifeless, powerless, and in a place where their lives are so parallel to unbelievers’ lives that it is difficult to tell which place they are in, whether in the flesh or in the Spirit.” Smith Wigglesworth
April 18, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.