Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center
Eph.4.11-16.AFR53 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
Illustrasie hand
Gawes van Christus aan die kerk
1.Die Apostel -Duim..raak aan al die ander vingers -Vaderfiguur in die kerk wat geestelike seuns en dogters opwek en toerus -Outoriteitsfiguur “ governer” regeer…bring orde -Wonders en tekens…kenmerk -Bonatuurlike en hemelse aktiwiteite word los gemaak -Rus toe in Apostoliese salwing
2.Die Profeet-Wysvinger -So sê die Here -Bring rigting vir toekoms -Rus toe in profetiese salwing
3.Die Evangelis-Middelvinger -Reik uit om siele te wen -Rus toe om siele te wen/evangelistiese salwing
4.Die Pastoor-Ringvinger -Versorg die gemeente/Herder vd skape -Gee om/beskerm en voed die kudde -Rus toe in pastorale salwing
5.Die Leraar-Pinkievinger -Leer die Woord/Teach the Word -Rus toe in” teaching” salwing
April 24, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.