Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Die skool van die bonatuurlike Deel 5 - Evangelisasie

Ps Christoff Smit Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center

Evangelisasie kom van n Griekse woord euaggelion , wat beteken “goeie nuus”. Die werkwoord form van die woord “evangeliseer of euaggelizesthai , beteken “om te bring” of “om goeie nuus aan te kondig” dit verskyn so 55 keer in die Nuwe Testament (Acts 8:4 , Acts 8:25 , Acts 8:35; Acts 11:20 ) en dit word gewoonlik geassosieer met preek of verkondiging van die goeie nuus.

Evangelisasie of die goeie nuus van die werke en wonders van Christus is nie net goeie nuus nie. Paulus verwys na die evangelie as n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Rom 1:16

Die woord “krag” in Rom 1:16 is van die Griekse woord dunamis wat veral dui op wonderwerkende krag. Hoekom is dit n wonderwerk - want dis die enigste wonderwerk met ewigheids waarde.

Bekering is die enigste wonderwerk met ewigheids waarde. Al die ander is gebind aan die dood.

Die evangelie is eie aan Christenskap Dus is die evangelie in my eie woorde kragtige goeie nuus. Jesus se kruisdood en geskenk van die ewige lewe is veronderstel om genoeg te wees.

Die liefde, grootheid en genade van God word bewys in dit dat Hy vir ons meer gee wanneer ons Jesus aanneem.

Die verantwoordelikheid Daar is die gesegde wat sê with great power comes great responsibility. Rom 10:10-17

Die verantwoordelikheid om die kragtige goeie nuus te versprei. Elke gelowige het daardie verantwoordelikheid Mark 16:15-18 Matt 28:19-20 It is the great commision not the great suggestion. Dis elkeen van ons se plig as Christen.

Verskillende evangelisasie metodes Vriendskap evangelisasie - deur middel van verhouding bou. Direkte evangelisasie - direkte konfrontasie met n persoon Indirekte Evangelisasie - telefonies, n pamflet, e-mail,

Effektiewe evangelisasie

  1. Vanuit n ontmoeting met Jesus kom. Matt 28:16, Jes 6:1-8 Jesus het n afspraak gehad.
    • Geen 1 van ons kan die goeie nuus verkondig as ons dit nie eers het nie.
    • Spandeer tyd in die woord van die Here sodat jy vrae kan beantwoord. Jesus is die antwoord.
    • Spandeer tyd in gebed en met tye vir n spesifieke persoon. Hand 4:31
  2. Wysheid en liefde. 2 Kor 12:16, 1 Pet 3:15, Spr 11:30
    • Groot uitdaging is dat ons Jesus praat maar nie Jesus leef nie.
    • Die evangelie is goeie nuus, nie die dag van oordeel nie.
    • Gebruik omstandighede om die krag van Jesus in mense se lewens toon te stel.
  3. Word gelei deur die Heilige Gees. Kol 4:2-6, 1 Kor 9:22, Amos 4:11 Die bo-natuurlike Element
    • Daar is n tyd om niks te sê nie en jou lewe te laat getuig.
    • Daar is n tyd om iets te sê wat met sout gelaai is.
    • Daar is n tyd om die harde realiteit te bring.

Evangelisasie is dus woorbediening en dade. Nie net woordbediening nie en nie net dade nie. Jesus en die apostels het preek en gedemonstreer. Matt 4:23, Soms eers gedemonstreer en soms eers gepraat.

Die uitdaging - die leuen van Satan om Christene te beperk. Jesus het reeds die beperking gebreek oor jou lewe, wees n getuie. Mense kan met baie dinge stry maar hulle kan nie met jou getuienis stry nie. Om in die perfekte wil van God te wees moet mens evangeliseer want dit is Sy primêre wil vir ons lewens. Om dit nie te doen nie plaas mens dan buite God se wil vir ons. Sonde veroorsaak onvrymoedigheid. Secret sins en die oortuigende stem van die Heilige Gees Aktiveer die liggaam.

May 08, 2016