Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Die skool van die bonatuurlike Deel 7 - Genesing

Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center

Beginsels oor genesing

#God_se_wil Luk.5.12-13.AFR53 EN terwyl Hy in een van die stede was, kom daar ’n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig. Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil, word gereinig! En dadelik het die melaatsheid hom verlaat.

Luk.4.40.AFR53 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak.

Liggaamlik en innerlik!

#Jesus_genees Hand.10.10-38.AFR53 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ’n verrukking van sinne oor hom gekom: met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

Mat.4.23.AFR53 En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Mat.4.23.amp And He went about all Galilee, teaching in their synagogues and preaching the good news (Gospel) of the kingdom, and healing every disease and every weakness and infirmity among the people.

#Die_prys_is_betaal 1Pet.2.24.AFR53 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

#Die_kerk_en_genesing Mat.10.1.AFR53 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

Jak.5.14-16.AFR53 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.

Mark.16.17-18.AFR53 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

May 23, 2016