Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center
#Krag van die Heilige Gees
#Mashack-om te smeer ,in te vryf,marineer
Luk.4.18-19.AFR53 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
Hoekom het ons die salwing van die Heilige Gees nodig? -Om te getuig -Om genesing te bring/liggaamlik en innerlik -Om bevryding te bring -Om hoop te bring -Om jou bediening uit te leef -Vir jou persoonlike verhouding met Jesus
Wat doen die salwing? -Stel jou instaat om jou bediening uit te leef -Gee jou goddelike vermoë -Maak jou geestelik skerp -Beskerm jou -Heilig jou -Kwalifiseer jou
Ou Testament -Slegs sekere mense was gesalf -Konings,Priesters en Profete
Nuwe Testament -Vyfvoudige bediening -Almal wat iets vir die Here wil doen kan n salwing kry -Elke christen is veronderstel om n getuie van Jesus te wees
Hand.10.37-38.AFR53 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het, met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Hoe voel Jesus oor die salwing? -Christus beteken gesalfde -Hy wil hê ons moet soos Hy wees
Daar is n prys! -Afsondering -Toewyding -Verantwoordelikheid -Heilige honger -Koester #Jy kan baie dinge verloor….Maar moenie die salwing verloor nie
#Dawid
May 02, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.