Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Ek verklaar!

Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center

Job.22.27-29.AFR53 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal. Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ’n lig. As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

Job.22.28.amp You shall also decide and decree a thing, and it shall be established for you; and the light [of God’s favor] shall shine upon your ways.

Pro.18.21.AFR53 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Pro.18.21.nlv Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.

Mrk.11.23.AFR53 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.

Ek verklaar ek wandel in die seën van die Here.Ek is vol wysheid en ek maak goeie keuses.Ek weet waarheen ek oppad is en ek glo ek gaan uitkom by alles wat die Here vir my instoor het. Ek verklaar ek is geseënd met kreatiwiteit,met goddelike idees,met waagmoed,met Heilige Gees Krag en bonatuurlike vermoë Ek verklaar ek is geseënd met goeie gesondheid,n goeie gesin,goeie familie,goeie vriende en n lang lewe. Ek verklaar ek is geseënd met bevordering,met sukses,met bonatuurlike voorsiening en goddelike voorspoed. Ek verklaar ek het n gehoorsame hart,n oop hart,n oop hand vir God se werk,n positiewe gesindheid.Ek glo ek is geroep om lig te wees in n donker wêreld,om n goddelike verskil te maak. Ek verklaar dat wat ek ookal onder hande neem,sal floreer,sal suksesvol wees.Ek sal geseënd wees in die stad,en geseënd in die veld.Ek sal geseënd wees wanneer ek ingaan en wanneer ek uitgaan,geseënd is die werk van my hande. Ek verklaar ek sal uitleen en nie leen nie en ek sal bo wees en nie onder nie. Ek verklaar op hierdie oomblik dat elke negatiewe woord,elke vloek wat oor my uitgespreek is nou verbreek word in die Magtige naam van Jesus Ek verklaar dat al die negatiewe dinge wat selfs geslagte lank in my familie was,nie meer n uitwerking op my sal hê nie Ek verklaar ek is geseënd,gesalfd en gesond,I was born to be blessed,I’m always blessed and highly favoured in Jesus Name! Ek verklaar dat niks wat ek deurgaan te veel vir my sal wees nie,ek sal elke hindernis oorkom elke uitdaging in die gesig staar en dit oorwin,ek sal moeilike tye oorleef en n beter mens word daardeur. Ek verklaar net goedheid en guns sal my volgal die dae van my lewe.Met die hulp en genade van die Here sal ek dit maak.

Num.6.22-27.AFR53 EN die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.

April 10, 2016