Ps Christoff Smit Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Joh.13:1-20 Joh 13:1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Joh 13:2 En gedurende die maaltyd-die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai- Joh 13:3 het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan, Joh 13:4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ‘n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.
Joh 13:5 Daarna het Hy water in ‘n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het. Joh 13:6 Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?
Joh 13:7 Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.
Joh 13:8 Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie. Joh 13:9 Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.
Joh 13:10 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
Joh 13:11 Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
Joh 13:12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? Joh 13:13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.
Joh 13:14 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
Joh 13:15 Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.
Joh 13:16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. Joh 13:17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
Joh 13:18 Ek spreek nie van julle almal nie-Ek weet wie Ek uitverkies het-maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.
Joh 13:19 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.
Joh 13:20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Efes.6:15 Eph 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Pred.5:3-5 Ecc 5:3 As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
Ecc 5:4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
Ecc 5:5 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?
Matt.10:14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
December 18, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.