Theresa Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Gen 12:1-3
Gen 12:1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. Gen 12:2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.
Gen 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Geloof
Gal 3:29
Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Gal 3:6-9
Gal 3:6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Gal 3:7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.
Gal 3:8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.
Gal 3:9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
Gehoorsaamheid
Jak 2:17
Jas 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
Jak 2:21
Jas 2:21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
Mal 3:10
Mal 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Getrouheid
Gal 6:9
Gal 6:9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
1 Kor 15:57 - 58
1Co 15:57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
1Co 15:58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
Gebed
Jak 5:16b
Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Luk 11:9
Luk 11:9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
1 Kor 4:10
1Co 4:10 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.
Num 6:22-27
Num 6:22 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Num 6:23 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:
Num 6:24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;
Num 6:25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Num 6:26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Num 6:27 So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.
1Ch 4:10 En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
October 22, 2017Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.