Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Groei in die vrug van die Gees deel 8 (Sagmoedigheid)

Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. GALÁSIËRS 5v22

• Die griekse woord vir sagmoedigheid /nederigheid, is πραΰτης – prautēs. Van die grieks na die engels, kry ons “gentleness”, “meekness” en “humility”. “Gentleness” beteken sagtheid, saggeaardheid of sagmoedigheid.

•“Meekness” beteken beskeidenheid, verdraagsaamheid en ootmoed. “Humility” beteken nederigheid, ootmoedigheid en onderdanigheid.

• Wat is “sagmoedigheid” en “nederigheid”. “Sagmoedigheid” beteken dat jy op ‘n saggeaarde en liefdevole wyse te werk gaan met iemand.

• “Nederigheid” beteken dat jy beskeie is en nie hoogmoedig is nie. Altwee die woorde dui dus op iets in jou wat geweldig baie liefde verg asook ‘n oneindige dankbaarheid teenoor die Here vir wat jy is en vir wat jy het.

Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. FILIPPENSE 2:3 AFR53

Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; MATTHÉÜS 11:29

EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. EFÉSIËRS 4:1‭-‬3

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. KOLOSSENSE 3:12

Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. NÚMERI 12:3

Meakness is not weakness…it’s gentle strength

BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie Gal 6v1

May 14, 2017