Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
EN wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ’n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van die geeste, aan ’n ander allerhande tale, aan ’n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. I KORINTHIËRS 12:1-11
A.Gawes van openbaring
1.Woord van Wysheid
Def-n Bonatuurlike openbaring gerig op toekoms
Doel-Om n spesifieke oplossing en antwoord vir n probleem te bring
Salomo en baba- 1Kon 3v16
Jesus en muntstuk -Matt 22v15
2.Woord van Kennis
3.Onderskeiding van geeste
B.Gawes van krag
2.Genadegawes van gesondmaking
3.Werking van kragte
C.Gawes van inspirasie
1.Profesie
2.Tale
3.Uitleg van tale
June 12, 2017Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.