Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U? En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe. Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ’n klip op haar gooi. En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe. En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het. En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. JOHANNES 8:3-11 AFR53
Om in genade te groei beteken dat ons in Christus sal groei,en meer soos Hy sal word ,want Hy is genade!
Laat die een wat sonder sonde is…eerste n klip gooi Ek veroordeel jou ook nie
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid. En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. JOHANNES 1:14, 16-17
Om soos Christus lief te hê Om soos Christus te vergewe Om na mense te kyk deur die oë van Christus
April 02, 2017Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.