Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
En Daríus, die Meder, was twee-en-sestig jaar oud toe hy die koningskap ontvang het. Dit het Daríus behaag om oor die koninkryk honderd-en-twintig landvoogde aan te stel wat in die hele koninkryk sou wees; en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie dié landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie. Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat ’n voortreflike gees in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Toe het die ministers en die landvoogde gesoek om ’n grond vir ’n aanklag teen Daniël te vind met betrekking tot die regering, maar hulle kon geen enkele grond vir ’n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie. DANIËL 6:1-5
Voortreflikheid is n uitstaande kwaliteit of funksie
Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. SPREUKE 22:29
Wat dit nie beteken…
-Voortreflikheid beteken nie perfek nie
-Voortreflikheid beteken nie dat jy nooit foute gaan maak nie
Wat dit beteken…
-Loop die ekstra myl
-Gee jou beste
-Doen dit vir die Here en tot eer van sy Naam
En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, KOLOSSENSE 3:23
July 23, 2017Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.