Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Deur watter bril kyk jy…
Sien jy die glas halfvol of halfleeg…
Is jy n positiewe of negatiewe mens…
Is jy n optimistiese of pessimistiese mens
Is jy deel van die antwoord of probleem
Sien jy graag die goeie of slegte in mense raak
Sien jy graag die mooie of lelike in situasies waarmee jy te doen het
Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie. Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie? En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar Elísa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek. En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan. So het hy dan daarheen perde en strydwaens en ’n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel. En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ’n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak? Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. En Elísa het gebid en gesê: Here , open tog sy oë, dat hy kan sien. En die Here het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa. II KONINGS 6:10-17
Laat die Heilige Gees jou oe salf om soos Jesus te kan sien!!!
Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. OPENBARING 3:18
Gees Vlees
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! MATTHÉÜS 6:22-23
Hoe sien Jesus dinge?
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here , gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. JEREMIA 29:11
Moenie vaskyk in die probleem nie
Sien die antwoord
Sien die deurbraak
Sien die wonderwerk
Sien die oorwinning
Sien die genesing
February 04, 2018Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.