Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Kelners met Ewigheidsbelang - Ps Hermann Strydom

Ps Hermann Strydom Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Mat 14:19 Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

Luk 9:14 Daar was omtrent vyf duisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit. :16…. nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.

As 15,000 mense in groepe van 50 verdeel was, was daar 300 groepe.

*Jesus het hier tot vir die skrifgeleerdes en Fariseërs se bediening ingetree:

Mat 23:3 Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.

*Die brood en vis in jou hand, beteken nie dat jy jou eie identiteit moet prysgee nie. *En as iemand met ’n ander persoonlikheid jou kom bedien, sê

Kol 3:13 Verdra mekaar …

1 Kor 3:4-7 As die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy watnatmaak, niks nie, maar God wat laat groei. :

9 Ons is medewerkers van God.

Ons is almal kelners met ewigheidsbelang.

*Sommige roer die tee lings om en ander regs op – maak dit ’n verskil

Ons bedien mekaar en word deur mekaar bedien. Rondom elke bediening bou ’n kelner maar ’n stukkie van sy eie persoonlikheid in. Dit verander nie die kos nie maar skep ’n uniekheid om elke tafel.

*Jesus doen later dieselfde, maar met iets anders op die spyskaart:

Luk 22:19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

1 Kor 11:23 Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het. Toe bedien hy hulle met die brood en die beker en sê: Eet en drink dit tot Jesus se gedagtenis.

*Jehu vra in 2 Kon 10:15 Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? … As jou hart reg is, neem en gee!

September 30, 2018