Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Kies om te seën - Deel 1 - Ps Henri Wilson

En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. GÉNESIS 1:22‭, ‬28 AFR53 Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. GÉNESIS 12:2‭-‬3 AFR53

Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. Spreuke 11 v25

Goue appels op versierde silwerborde, so is ’n woord op sy tyd gespreek. SPREUKE 25:11 AFR53

Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. MATTHÉÜS 12:37 AFR53

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. SPREUKE 18:21 AFR53

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here , my rots en my verlosser! PSALMS 19:15 AFR53

July 15, 2018