Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Kies om te Seën - Deel 3 - Ps Henri Wilson

Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ’n lig. As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy. JOB 22:28‭-‬29 AFR53

soos geskrywe is: Ek het jou ’n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. ROMEINE 4:17 AFR53

Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê. MARKUS 11:23 AFR53

Seën jou finansies -Seën jou salaris -Seen jou saad

Seën jou werk -Seën jou baas -Seën almal wat saam met jou werk

AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God. Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang. Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug. Die Here sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee. Die Here sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die Here jou God hou en in sy weë wandel. En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. En die Here sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die Here aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee. Die Here sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. En die Here sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen, DEUTERONÓMIUM 28:1‭-‬13 AFR53

July 29, 2018