Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. MATTHÉÜS 5:44-48 AFR53
Seën jou vyande
Seën jou land
Maar die Here jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die Here jou God het vir jou die vloek in ’n seën verander, omdat die Here jou God jou liefgehad het. DEUTERONÓMIUM 23:5 AFR53
EN die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën. NÚMERI 6:22-27 AFR53
August 05, 2018Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.