Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
DIE eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het; aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het. HANDELINGE 1:1-3 AFR53
basileia: kingdom, sovereignty, royal power
En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. GÉNESIS 1:26-28
Koninkryk was God se idee van die begin af
Ons verteenwoordig Hom
Ons verteenwoordig sy koninkryk
Ons moet soos Hy praat
Ons moet soos Hy doen
Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. I JOHANNES 4:17 AFR53
March 11, 2018Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.