Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur. En daar is ’n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om ’n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan. Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ’n aalmoes gevra. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys. En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal. HANDELINGE 3:1-4, 6-8, 16 AFR53
Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ’n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. LUKAS 10:18-19 AFR53
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. MATTHÉÜS 28:18 AFR53
#In Christus
#Gedelegeerde mag en outoriteit
#Beoefen jou daarin
September 12, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.