Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

My Outoriteit in Christus - Deel 2

Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. GÉNESIS 1:26‭-‬28 AFR53

En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. GÉNESIS 2:7‭, ‬15 AFR53

wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: PSALMS 8:5‭-‬7 AFR53

GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, EFÉSIËRS 1:3 AFR53

#Sien outoriteit as n geestelike seën

#Gebruik dit en beoefen jouself daarin

#Weet wie is jy in Christus

#Weet wie is Christus in jou

September 19, 2016