Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie. TITUS 2:3-5
In Titus 2:4 word die Griekse woord philoteknos gebruik hoe moeders hul kinders moet liefhê. Hierdie woord verduidelik daardie spesiale “moederlike liefde”. Die idee wat van hierdie woord kom gaan oor omgee, versorging, liefdevolle benadering, bevrediging van behoeftes en om elke kind te sien as ‘n spesiale geskenk van God.
Kyk, seuns is ’n erfdeel van die Here ; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. Soos pyle in die hand van ’n held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie. PSALMS 127:3-5
Kinders is n gawe van God
Voorbeeld
Versorg
Vertroos
Vrede
Vergewe
May 14, 2017Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.