Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
Def-n Rentmeester bestuur en sien om na die eienaar se besittings en belange.
Goeie rentmeesterskap vir my as kind van God… beteken dat ek alles wat ek is en het, laat saamwerk om God se wil op aarde te laat
LUKAS 16:1-13 AFR53
Luk 16:1 En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
Luk 16:2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.
Luk 16:3 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.
Luk 16:4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang.
Luk 16:5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer?
Luk 16:6 En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig . Luk 16:7 Daarna sê hy vir ‘n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig.
Luk 16:8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
Luk 16:9 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
Luk 16:10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. Luk 16:11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
Luk 16:12 En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
Luk 16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
I TIMÓTHEÜS 6:10 AFR53
Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
-Tiendes -Offergawes en Saai -Spaar -Wysheid -Heiligmaking
November 07, 2016Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.