Ps Henri Wilson Pretoria Noord Aanbiddingsentrum - Pretoria North Worship Center CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
1.Vertrou op die Here
Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou. PSALMS 118:8-9
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. SPREUKE 3:5-6
Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. JEREMIA 17:7-8
2.Hou jou oe op Jesus
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. HEBREËRS 12:2
-Haal jou oe van mense af -Haal jou oe van die probleem af
3.Vergewe vinnig
Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. MATTHÉÜS 6:14-15
-Moenie aanstoot neem nie -Moenie kwaad bly nie
4.Gee graag
Gee, en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. LUKAS 6:38
-Saliger om te gee as om te ontvang -Mense wat graag gee is gelukkige mense
5.Omring jouself met positiewe mense
Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. SPREUKE 13:20
-Kies jou vriende reg -Positiewe mense het n positiewe uitwerking -Negatiewe mense het n negatiewe uitwerking
6.Wees dankbaar
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. I THESSALONICENSE 5:18
-n Dankbare hart is n mooi hart -n Dankbare hart is n gelukkige hart -Sien die mooi in alles… -Waardeer
January 08, 2017Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.