Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
EN Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was ’n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die Here aan die Arameërs ’n oorwinning gegee; en die man was ’n dapper held, maar melaats. En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die land van Israel ’n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Naäman se vrou gekom het. En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samaría is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem. Toe gaan hy in en gee dit aan sy heer te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die land van Israel kom. En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil ’n brief aan die koning van Israel stuur. En hy het gegaan en tien talente silwer en sesduisend sikkels goud en tien stel klere saam met hom geneem, en aan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Naäman na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem. Sodra die koning van Israel die brief gelees het, skeur hy sy klere en sê: Is ek dan God, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van ’n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sien tog net hoedat hy ’n geleentheid teen my soek. Maar toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar ’n profeet in Israel is. So het Naäman dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van Elísa se huis stilgehou. Toe stuur Elísa ’n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees. Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die Here sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem. Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery. Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ’n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word? Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van ’n jong seun, en hy het rein geword. Toe draai hy om na die man van God, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel. Neem dan nou tog ’n geskenk aan van u dienaar. II KONINGS 5:1-15 AFR53
Aanstoot -Blokkeer seëninge -Maak dat jy mis wat God vir jou instoor het -Lei na woede en bitterheid -Is n demoniese lokval
-Weier om aanstoot te neem
Jy hoef nie siek te bly nie
Jesus wil jou gesond maak van jou “melaatsheid”
Oorwinning is jou deel!!
October 14, 2018Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.