Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067
TOE sê Elísa: Hoor die woord van die Here ! So spreek die Here : Môre omtrent sulke tyd sal ’n maat fynmeel ’n sikkel, en twee mate gars ’n sikkel kos in die poort van Samaría. Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: Al maak die Here ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. II KONINGS 7:1-2 AFR53
Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en ’n maat fynmeel het ’n sikkel gekos, en twee mate gars ’n sikkel, volgens die woord van die Here . En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na hom afgekom het. Want toe die man van God met die koning gespreek en gesê het: Môre omtrent sulke tyd sal twee mate gars ’n sikkel, en ’n maat fynmeel ’n sikkel werd wees in die poort van Samaría — het die adjudant die man van God geantwoord en gesê: Al maak die Here ook vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. II KONINGS 7:16-19 AFR53
Hoor die Woord van die Here!
If I were in your shoes, I’d go straight to God, I’d throw myself on the mercy of God. After all, he’s famous for great and unexpected acts; there’s no end to his surprises. Job 5 v 8-9
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, EFÉSIËRS 3 v 20
Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. II KORINTHIËRS 1:20 AFR53
Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik. MATTHÉÜS 19:26 AFR53
September 09, 2018Kopiereg © Word & Spirit 2018. Alle regte voorbehou.