Hoof Skakels

Word & Spirit

Welcome Holy Spirit

Healing School - 5 - Ps Henri Wilson

Ps Henri Wilson Word and Spirit - Pretoria North CCLI Licence # 2349050 | MRL lisensie # 2349067

Hoe om met depressie te deel

EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles — hoe hy al die profete met die swaard gedood het. Daarop stuur Isébel ‘n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen — sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here , want ek is nie beter as my vaders nie. Daarop gaan hy lê en raak onder ‘n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ‘n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet! Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent ‘n broodkoek, op warm klippe gebak, en ‘n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb. En hy het daar in ‘n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elía? Maar die Here sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek. I KONINGS 19:1‭-‬9‭, ‬15‭-‬16 AFR53

Lesse uit die lewe van Elia

Wat depressie doen

  • Depressie isoleer jou

  • Gevoel van moedeloosheid

  • Gevoel van alleenheid

Wat kan jy doen

  • Kies om op te staan

  • Omring jou met positiewe mense

  • Verstaan jou doel (Purpose)

July 14, 2019